Kang Youwei

Kang Youwei
康有為
Kang Youwei (ongeveer 1905)

Gebore 19 Maart 1858
Nanhai Distrik, Guangdong
Oorlede 31 Maart 1927
Qingdao, Shandong
Vakgebied Politieke filosofie, grondwetlike monargie, ideale samelewing.
Bekend vir Da Tong Shu (大同 書)
Beïnvloed deur Konfusius

Kang Youwei (Chinees: 康有為; Kantonees: Hōng Yáuh-wàih; 19 Maart 1858 - 31 Maart 1927) was 'n Chinese filosoof en politikus. Hy was ook 'n bekende kalligraaf en prominente politieke denker en hervormer van die laat Qing-dinastie. Deur sy verbintenisse het hy noue skakeling gehad met die jong Guangxu-keiser en hom aangespoor om sy vriende te bevorder en gevolglik die verhouding tussen die keiser en sy aanneem moeder, die magtige Keiserin-weduwee en regentes Cixi, versuur. Sy idees het 'n hervormingsbeweging geïnspireer. Alhoewel hy na die stigting van die Republiek voortgegaan het om 'n grondwetlike monargie te bepleit, is Kang se politieke teorie nooit in die praktyk toegepas nie, omdat hy gedwing is om uit China te vlug vir herhaalde pogings om die keiserin te vermoor. Hy was 'n ywerige Chinese nasionalis en internasionalis.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne